Ruik jy….

Ek kan nie sê dat ek die reuk van katbos of kambro ken nie. Ek is nie van daardie wêreld af nie. Ek is ‘n gebore en getoë Oos Rander wat later ‘n Pretorianer geword het. Sestig lang jare al.

My Pa is in Oudtshoorn gebore. Hy was sestien toe hy op ‘n trein geklim het en kind alleen sy lewe in Johannesburg kom uitkap het. Toe hy 50 jaar oud geword het, het hy sy tent opgeslaan en terug verkas. Eers het hy in George gaan bly en toe is hy later Oudtshoorn toe waar hy tot met sy dood in een van die ouetehuise gebly het.

Maar ek is honderde persente oortuig dat sy Oudsthoorn bloed vol sterkte deur my are bruis. Ek raak bewoë as ek enige iets van die Karoo lees of hoor. Iewers in my gene is daar die onuitspreeklike verlange ingeplant om een dag daar tot rus te kom. Iewers, enige iewers, net tog flippenassblieftoggie in die Karoo.

Ek het eers Lekkervurig se blogs gelees omdat dit my go-to plek is. My veilige hawe. My stimulant. My help-my-optel. Dis wat julle blogs vir my is. Toe gaan lees ek dit weer en nog ‘n keer.

Ek dink ek het een van die spekboom se blare gekou. Dalk meer as een. Daardie karoo melk in daardie plant het my wese volgeloop. Dit het nie my melk produksie aangehelp nie, eerder my hart laat sterker klop vir ‘n deel van ons land wat ek glad nie ken nie. Ek loop vandat ek dit weer gaan lees het, met ‘n brandende begeerte in my om soontoe te gaan. Nee, julle verstaan nie. Nie gaan kuier of deur toer of vir n week daar rond reis nie.

Ek wil permanent soontoe gaan. Ek weet nie eers lekker na watter plek ek in die grote Karoo wil gaan nie. Ek wil net daar wees. Ek laat die oorwurm van Coenie de Villiers se Karoonag my hele brein oorneem. Ek wil nie vandag dink aan mans, kinders en gedaantes nie. Ek wil nie hier sit en wonder oor die toekoms nie. Ek wil daar wees.

Daar waar die katbos en kambro groei, en waar dit lekker ruik as dit reën. En dit moet oorlede Andre Willem Harmsen se bloed wees wat in my are vloei en skree. Sy karoo bloed.

Advertisements

22 comments

  1. Nou sit jy en Positief in dieselfde bootjie….albei wil Karoo toe. Tog eienaardig dat gene so ‘n sterk rol speel. Hoop jou begeerte word bewaarheid, en dat jy ook jou tentjie kan opslaan en Karoo toe trek.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s