Gestrand

En toe strand die bootjie.

Vir bykans twee jaar vaar ek rond in ‘n veilige hawe. Dis die hawe waar ek op laat ouderdom iets van myself leer. Dit gebeur op ‘n tyd waar ek maar min het om na uit te sien en ek snak soms na my asem want wraggies!  Iets moois het uit die as verrys! Alles is nie net ‘doom en gloom’ nie. Daar is tog lig aan die einde van die tonnel.

Ek vaar in sirkels in die hawe. DIe water is kalm en rustig en net so nou en dan sal ‘n simpel rob dit waag om sy neus uit die kalm water te steek. Maar ‘n vinnige vissie in sy rigting, en hy verdwyn weer net so skielik as wat hy gekom het.

Maar iets het in die hawe gebeur. ‘n Keermuur wat die storm water moes uithou, het gekraak van ‘n paar jaar se mishandeling. En toe val hy hom. Net so! Kaplaks. Laas week was hy nog op sy plek, vandag is dit net ‘n hoop rommel. Die een wat die verbrokkeling veroorsaak het, staan op die wal . Een oomblik lag sy, ‘n regte hekselag, en die volgende oomblik kruip sy op haar knieë rond, smekend vir almal se vergiffenis en verstaan. Ek bly glo dat sy my boot sal miskyk, dat sy sal onthou van twee jaar se bystaan as sy ander bote se sink veroorsaak het. Dat sy sal sien dat my bootjie se naam Lojaliteit, nog steeds dieselfde is. Dat sy sal luister as sy raad vra en ek dit gee. 

Die volgende oomblik het die see ingedruis. Hoë branders van valse beskuldigings, van aantygings wat onwaar is, van dislojaliteit. Ek sien hoe die water al hoër raak en ek is magteloos as daardie stormwater my bootjie omslaan. 

Die waters het teruggterek. Oënskynlik lyk die see weer kalm en normaal.Maar my boot lê eenkant, op die droë grond. Stukkend. Nutteloos. Verwoes. Om my lê nog ‘n paar bootjies. Bote wat gedien het, hulle plek volgestaan het. Wat aangepor het, bemoedig het. Ons lê almal in die modder en slik. 

Die empire op die wal van die see gaan aan. Soveel mense kyk na haar. Hulle sien die klatergoud. Hoor die leë geraas. 

Maar niemand sien die gestrande bote raak nie. Wie wil, after all, na so iets kyk?

Advertisements

16 comments

  1. Woordnoot, ek tjank. Dis deel van ouer word né. Die harde ou wêreld sien mens feller raak so met tyd se aanstap. Jy moenie na die gestrande skip kyk nie, daar is ‘n reddingbootjie, onbeskadig, roei weg na waters waar rus is. Liefde en drukke.

    Liked by 2 people

  2. Mmm ja, niemand verf eintlik die boot op die water nie. Almal wonder oor die ene wat skeef op die droeë sand lê. Kinders gaan speel daarin en klouter daaroor. Verliefdes vry daar en skilders en fotograwe hoop om net ‘n sweempie van nostalgie daarvan vas te vang.

    Jy kry dit só besonders reg met woorde. Min woorde wat soveel meer sê.
    Woorde wat sommer so vanself en gemaklik soveel meer as net nostalgie vasvang…

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s