Dis nou een ding wat gekom het om te bly. Dis ‘n emosielosmaker. Jy kan maar sê net wat jy wil, ‘n whatsapp maak elke keer as jy een lees, ‘n emosie wakker. Emosies wat wissel van ag-siestog tot wat de…?
Net so is die groepies ook ‘n emosionele ding. Daai geirriteerde gevoel as jy sien jy is ALWEER by ‘n groep bygevoeg. Die sleg voel as jy die groep verlaat. Of die ek-voel-‘n-veer-vir-jou-groepie ding. En ek onthou die dag toe ek ‘n groepie gestig het toe ek uitgevind het dat ek het borskanker. Daar was soveel mense wat belanggestel het en ‘n groep waarin ek almal op hoogte mee kon hou, het na die antwoord gelyk. Ek was net klaar toe ek sien dat dat my heel beste vriendin dadelik die groep verlaat. Nodeloos om te sê, ek het die groep onmiddelik gesluit. Want as my BFF nie belangstel in wat met my gebeur nie, is die kans baie goed dat ander ook so sal voel. So het ek my hele twee jaar met behandeling en wat daarmee gepaard gaan, alleen deurgestoei. Bitter min mense op my Whatsapp kontak lys weet wat ek deurgemaak het.
So kom daar vanoggend ‘n emosielosmaker van Glimlagkind. “My liefste tannie , luister asb na Steve se liedjie..soveel van my geloofswense kry ek by Tannie. Ons kies nie ons pad nie. God doen en alles gebeur met n doel. Ons weet net nie wat de flip die rede is nie. Maar ek weet Tannie is hier want ons het tannie nodig…..” Die res van die boodskap is onleesbaar deur my trane want vandag, op hierdie Donnersedag, kry ek uit die bloute, onbepland, ongevraagd, onverwags maar broodnodig, ‘n freakin whatsapp wat my longe oopmaak sodat ek weer kan asemhaal.
Daarom verlaat ek nie sommer ‘n groepie nie. Al irriteer dit my. Ek sit die notifikasie af en lees 90 persent niks daarvan nie, maar ek bly. Ter wille van die ander persoon.
Dalk stupid? Dalk nie.
Menz verlaat gou groepies waarby menz sonder keuse bygevoeg word, sonder skuldgevoelens. Menz is nie ‘n tropdier nie en mense moet nie vir menz sê jy MOET nie. Norrefok.
LikeLiked by 1 person
Het jy en jou vriendin ooit oor haar beweegredes gepraat? Jou nuus was dalk vir haar so ‘n skok dat sy eenvoudig nie kans gesien het om dit saam met jou deur te maak nie?
LikeLiked by 1 person
Dis die eerste keer in 4 jr wat ek oor daai episode praat….julle bloggers is die eerstes wat van dit weet…I rest my case your honor. Dis nou water onder die bruggie….net eendjies swem daarop
LikeLiked by 1 person
Solank jy nie wegraak op my en jou groepie nie…🤔😉
LikeLiked by 2 people
Ek hou niks van groepies nie…net my gesin se groepie.
LikeLiked by 1 person
Sommige groepe kan nogals erg wees, veral as van die mense nie verstaan dat ons nie allerhande goetertjies daarop mag sit nie. Ek is ook een wat maar bly, en wat ‘n paar mense wat dit goed dink om 2 keer per dag vir my iets aan te stuur, verduur, selfs al lees ek nie alles nie.
Wat nogals vir my oulik is, is broadcast lists. Daarmee stuur jy vir almal wat jy dink die inligting wil hê, of sal belangstel, maar hul reaksies kom net na jou toe. Dit spaar die groep al die kommentare. Dis si jammer dat jy so ‘n moeilike tyd alleen moes deurmaak.
LikeLiked by 1 person
Jy sien hoekom hierdie bloggers so awesome is. Daar leer ek nou alweer iets alhoewel ek nie n freakin idee het waar om dit te begin nie! Briadcast list! Dit klink na die ding om te doen. Moet nou net weer uitfigure…dankie Toortsie!!
LikeLiked by 1 person
Ek sal blog skryf. Ek het dit ook iewers op ‘n blog gesien.
LikeLike
Ja, so jou vriendin het dalk die groep verlaat oor sy bang was vir almal se kommentare, en glad nie oor sy nie vir jou omgegee het nie. Ek weet sy het baie vir jou omgegee. ❤️
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy het dit baie raak geskryf. Persoonlik mal oor familie groep en bff groep. Vir die res, net bly foon het mute funksie😬
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ek maak ook so. Al dink ek dis die simpelste ding ooit!
LikeLiked by 1 person
[…] Nie almal is mal oor whattsappgroepe nie. Die probleem kom wanneer mense nie by die groep se doel hou nie en allerhande goetertjies oor en oor op die groepe plaas, tot almal se frustrasie. Ek skryf hierdie na aanleiding van Woordennoot se skrywe. […]
LikeLike