Eish..nie pille vir dom nie

 

shy

Ja nee. Hulle sê daar is nie pille vir dom nie. Glo my, daar is ook nie pille vir simpel wees nie. Ek kort pille vir albei.

Die dom pille is nodig omdat ek te bang is om op knoppies te druk. Ek weet dat hier ’n hele paar bloggers is maar ek sukkel om by hulle blogs uit te kom en dit te lees. Dit voel asof ek iets iewers miskyk. Ek is so bang om ’n opsie te kies en dan? Ja, Fourie…wat dan! Ek bekyk vanoggend hierdie blog van my se hoofblad.  En hier regs staan dit dat ek saam met 25 ander hierdie blad volg. In rooi (wat my dadelik laat stop om enige knoppie te druk) staan daar so ewe (bestuur). En vir die eerste keer druk ek maar op dit en voila!!! Daar gaan die blog wêreld oop! Flippit! Nou ontdek ek alles en dit terwyl ek by die werk is en glad nie regtig tyd het om als te lees nie, want glo my! Ek wil alles lees. Hoekom kon ek dit nou nie gisteraand ontdek het toe ek tyd moes omkry en maar eerder Township gespeel het nie?

So my mede bloggers…..ek staan beskaamd dat ek nog nie julle blogs gelees het nie. Maar glo my, ek gaan dit begin lees. Julle gaan dalk nou likes kry van ’n paar jaar terug se blogs, maar vergewe my asseblief!

Die pille vir simpel wees sal ek een keer ’n week moet drink. Soos julle weet het ek gisteraand my program op Elan Global Radio vir die eerste keer uitgesaai. Omdat die bloedsuiers my beetgehad het, het ek nooit vir travel460 en ekmyself laat weet dat ek een van hulle blogs ook gaan voorlees nie. Die simpel bang het oor my skouers kom hang. Wat as dit nie werk nie? Wat as ek dit nie goed genoeg lees nie? Wat as? Ja, Fourie..wat as.

Dit het goed gewerk. Ek het dit mooi gelees. En ek is jammer dat ek te simpel was om julle te laat weet. Dis daai bloedsuiers waarvan Una gepraat het. Maar die wonderlike is dat ek volgende week weer die kans kry om twee blogs te lees.

En die heel wonderlikste??? Ek het vandag  leeftyd se blogs ontdek.

 

18 comments

  1. Ek het geluister, want ek het die tyd en datum en die radio se URL op my day planner aangeteken. Toe jy klaar gelees het, stuur ek ‘n WA vir Una en daar weet sy toe van niks! My neus alweer nie waar dit hoort nie. Maar ek het die baie geniet 👍 Jy het ‘n lekker program saamgestel en jou goed van jou taak gekwyt. Ek het Maandag ook na Bea se uitsending van Regardt se autobiografie geluister en nog ‘n 👍 vir haar.

    Like

  2. Moenie sleg voel nie, ek ontdek steeds elke dag allerhande funksies op hierdie blogs, waarvan ek niks geweet het nie. Ek het ‘n nuwe werf saamgestel en weet nie eintlik wat ek gedoen het nie….net gehoop dit tref!

    Liked by 1 person

  3. Positief…vir nou kan jy op die internet na http://www.elanglobalradio.com toe gaan. As jy op jou foon die blad oopmaak is daar bo regs drie strepies ondermekaar. Kliek daarop en die Menu maak oop. Kliek op luister. Dan is daar weer n skakel wat jy moet kliek. En dan kliek jy net op die driehoekie wat play aandui. Op die rekenaar maak jy net die blad oop en kliek op luister…volg die skakel daarna en voila! Ons werk nog aan Simple radio, TuneIn en Streema. Dit vat bietjie langer. Maar as dit reg is gaan dit nog makliker wees!

    Like

  4. Follow, Follow en weer Follow en dan wanneer jy n paar keer gelees het en die blog se stories werk nie vir jou nie, dan follow jy net nie meer nie 😉
    Ek wil ook die URL weet/he, asb.

    Like

  5. Hi Toortsie…ek het Una ontdek want sy het oor n gesamentlike vriendin geskryf. Nou het ek Leser ontdek en nou stalk ek behoorlik elke blogger!! Vir jou ook…..het jou FB ook ontdek en glo my…ek hou van wat ek sien… I Am on your case now…

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s